Artists

Anders Orkes – Profiel

Die getroude sangmaats, Wynand en Lindi Delport, oftewel die bekroonde duo ANDERS, doen dinge inderdaad eiesoortig, soos wat hulle naam aandui!

Nou is dit amptelik: met twee onlangse Ghoema-musiektoekennings is ANDERS gewis die beste kontemporêre groep in Afrikaans. Hul jongste album, #ek onthou, het dié briljante liedjieskrywers en sangers die Ghoema-toekenning in die afdelings – beste album deur ‘n groep of duo én beste groep van die jaar – besorg.

ANDERS is ʻn Afrikaanse pop/country- duo , wat met hul debuutalbum Dink Leef Klink opslae in die geestelike genre gemaak het. Daarna het die romantiese album #liefdesverhale gevolg. Albei albums het Ghoema-benoemings ingepalm.
Hul musiekvideo’s van die jubellied Ons Koning kom en die liefdeslied Mooi vir my was uiters gewild.

Verskeie van hul liedjies het radiostasies landwyd se Top 10-treffersparades gehaal – onder meer Die pad (wat op die klankbaan van die fliek Vrou soek boer ingesluit is)
Hulle het die temaliedjie Knysna vir die gelyknamige rolprent geskryf en die liedjie en die musiekvideo daarvan is uiters gewild op radio en televisie.

In 2017 maak hulle reg vir hul grootste vrystelling nog. Die lied getiteld DIE TYD IS NOU, saam met Hemelbesem, beloof om uit te staan vêr bo dit wat al gehoor is in die afrikaanse mark. Met n boodskap wat met almal in Suid-Afrika sal resoneer, poog Anders en Hemelbesem om hoop en vrede na 2017 te bring met hierdie oorspronklike lied.
Die duo benut slegs die land se beste musikante om ‘n vars, oorspronklike liedjies energiek te vertolk. Hul konsertmusikante Jason Moser (tromme) en Rixi Roman (kitaar) – se medewerking verleen orkestrale hegtheid.

Anders se nuutste vrystelling “Die Tyd is Nou” saam met Hemelbesem bereik die volgende nr. 1 posisies
1) Twee weke in n ry #1 op Maroela Media se Top 20
2) Tweewekeinnry#1opLekkerFMseTop40
3) #1 op Groot FM se Top 20

ANDERS lewer meesleurende luistermusiek!


G Management Agency
Leozelle Bekker
Tel: 011-722-0582
Sel: 074-643-5438
e-pos: leozelle@gmanagement.co.za