Plaaslike bekendes deel intieme stories in #CALLEDAMOFFIE - Veldtog

Ná maande se internasionale premieres en uitverkoopte vertonings, begin regisseur Oliver Hermanus se jongste fliek, MOFFIE, volgende week op die plaaslike kringloop draai. Uiteindelik, sê Hermanus, bereik die fliek diegene vir wie hy dit gemaak het – “my mede-Suid-Afrikaners.” Die storie van ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s tydens apartheid in Suid-Afrika probeer oorleef, het sy premiere by die Venesiese Filmfees in September ve