Music

Geraldine Scholtz se Enkelsnit SOMMER uitgereik

Geraldine Scholtz, ’n talentvolle jong blondine met ’n sprankelende persoonlikeid, is besig om vir haarself naam te maak in die musiekbedryf. Haar eerste enkelsnit, SOMMER, is pas uitgereik en is reeds besig om radiogolwe oor te neem en musiekharte te verower.

Lees meer oor Geraldine op haar  KUNSTENAARPROFIEL

SOMMER is ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Murray Lubbe (The Hit Factory) en gaan oor ’n meisie wat verlief is op iemand wat haar nie raaksien nie. Die treffer is die perfekte pasmaat vir die nuweling se sterk, helder stem en is beslis iets waarby gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind. Met treffers soos Af en Af, Laaste asem, Vat my hoër, My alles en ‘n totaal van meer as ‘n 100 Nr. 1 titels op nasionale en internasionale radiostasies, het Johan hom as een van ons land se mees produktiewe en suksesvolle liedjieskrywers gevestig. “Sommer is vir my ‘n besonderse unieke liedjie vir ‘n besonderse unieke talent. Geraldine is beslis ‘n vars briesie in die bedryf, veral met haar vernuf op instrumente en sjarme op die verhoog” sê hy.

Daar is soveel mense wat wens dat iemand spesiaal hulle sal raaksien. Ek het vir Johan verduidelik waaroor ek wil hê die liedjie moet gaan en hy het my emosies in spesiale woorde neergepen. Ek voel dat ’n mens meer in die oomblik leef as jy sing oor iets wat jy voel en ervaar. Die liedjie is baie spesiaal vir my. Nie net oor wat dit beteken nie, maar ook omdat ek na jare se harde werk kan sê dat dit my eie een is,” borrel Geraldine, vir wie hierdie vrystelling een van die hoogtepunte van haar loopbaan is. “My musiek is baie eerlik en ek deel my hart met luisteraars. Ek sing altyd liedjies waarmee ek ’n konneksie het of wat my waardes uitbeeld. My doel is om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdomsgroepe kan luister en geniet.