Music

Refentse se oog op die volgende kruin met “DEUR MY VENSTER”

Kort op die hakke van ‘n skoonskip-vertoning by die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings, verras Refentse met “Deur my venster” – ‘n kraakvars nuwe album waar hy ook self sy pen inspan!

Minder as ‘n maand na die aankondiging dat hy in Oktober vir Lady Antebellum sal open vir die plaaslike vertonings van hulle You Look Good wêreldtoer, het Refentse by die Ghoema’s met die louere weggestap vir Album van die jaarDigitale album van die jaar, ‘n  Ere-toekenning vir beste verkoper en Manlike kunstenaar van die jaar, maar dis duidelik dat hierdie net die begin van selfs groter suksesse is!

“Deur my venster”  getuig luidkeels hiervan met ‘n kleurvolle blik op die lewe en liefde in Afrikaans – ‘n ryke skatkis van nuutskeppings, saamgesmee met die immergroen legendes wat hartstaal-vuur reeds vir dekades lank diep in diegene wat daarna luister se binneste laat brand.

Dié album is een met ‘n ryke en diverse identiteit: passievol, sosiaal, voetstamp-lekker, tong in die kies, eerlik, poëties, aangrypend.

Bron: Select Music

About the author

admin