top of page
  • Writer's pictureAdmin

Dowwe Dolla: Nou of Nooit - Jy kan haar nog in aksie sien


Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis, Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop hyena-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Deedee (Dowe Dolla) kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit! Sy gaan terug na jaar blonde roots en bring ‘n “live” pianis, Coenraad Rall saam vir hierdie komedie-kabaret, maar ouder gewoonte word die rol van Dolla en Ouma Dowe Dolla steeds deur Margit Meyer-Rödenbeck vertolk.  Die teks en regie word deur Jurgen Human behartig. En dis Nou of Nooit om Dowwe Dolla in aksie te sien, want op 18 Jan het sy aangekondig dat sy op 31 Des 2020 die stilettos gaan ophang en haar lollie op Gumtree gaan verkoop. GEEN ONDER 16-TAAL


HIER IS DIE DATUMS (soos op 11 Maart 2020)


13 Maart- Vanderbijlpark- Emerald Casino- 072 649 1814 KKNK: kykNET Hoërskool Oudtshoorn 26 MAART OM 14:00 27 MAART OM  16:30 28 MAART OM 14:00 Bespreek: Computicket 1 APRIL- DIE BOER TEATER- DURBANVILLE- 021 979 1911/ aanlyn www.dieboer.com 2 APRIL- SWELLENDAM- TEATRO AT TEN ON MAIN-028 514 2202 / southerncape@everitt.co.za 3 APRIL- BAARDSKEERDERSBOS- 4 APRIL- THE MUSH TUN- WOODSTOCK- www.themushtun.co.za 21 APRIL- KLERKSDORP- THEATRO WESVALIA- 083 743 1856 22, 23 APRIL= ATTERBURY TEATER- PRETORIA- iTickets:

 

Inligting verskag deur: Dowwe Dolla

Twitter: @DowweDolla007



19 views0 comments
bottom of page