KletsFest - Die Eerste Afrikaanse Kletsrym fees - 24 April 2020 Loftuspark


Wat kry jy as jy Snotkop, Early B, Biggy en Jan Bloukaas vir die eerste keer ooit op een verhoog saam gooi? KletsFest!Om vining te praat is een ding, maar om vining te klets, noot te hou én sin te maak,vat besonderse talent. Dit is presies wat dié vier manne het, hope kletsrym talent.Die aand beloof om 'n hoogtepunt van 2020 te wees met die kunstenaars se bekendste treffers. Kom luister saam na Early B se POTTE, Biggy se DAMES, Snotkop se COOL SOOS KOOS KOMBUIS en Jan Bloukaas se DESEMBER.


Die eerste KletsFest vind plaas op Vrydag 24 April 2020 by Loftuspark. Die opwindende geleentheid word aangebied deur Newblack Productions, Buffelsfontein Brandewyn, Belgravia Dry Gin, iTickets en Loftus Park. Kaartjies is reeds beskikbaar by iTickets.Kletsfest is vir almal wat jonk voel, al is jy al oor 50. Kom geniet 'n aand van kletsrym in die buitelug met 'n biertuin om jou eie keel nat te hou. Al die restaurante op Loftuspark piazza gaan oop wees. Fantastiese klank en beligting gaan verseker dat jy die vakansie-atmosfeer ervaar.Daar is ook veilige parkering en goeie sekuriteit beskikbaar sodat konsertgangers ‘n sorgelose aand kan geniet. Kom kuier saam vanaf 17:00 tot laat.Maak jou reg vir 'n kletsfees en kom rap saam in Afrikaans! #kletsfest #rapfest #afrikaans


Kaartjies beloop R150 per person en is beskikbaar op -->> iTickets


24 April 2020, 17:00-23:00–Loftus Park, Pretoria.


Facebook events: KletsFest Instagram: @kletsfest

Inligting verskaf deur: The Marketing Zoo


Publisiteit & Bemarking:

The Marketing Zoo Talana Kuhn – 072 494 4874

talana@marketingzoo.co.za

©2020 by South African Artists.