• admin

Melanie se enkelsnit wys dat liefde soms blind kan wees


Melanie - Verdwaal

Melanie is een van daardie name om dop te hou in die musiekbedryf. Dié sangeres, wat onlangs ’n beurs deur PACISA (Performing Arts Community in South Africa) om by COPA (Campus of the Performing Arts) musiek te studeer ontvang het, se eerste enkelsnit sien eersdaags die lig.


Verdwaal, uit die bekroonde sanger en liedjieskrywer Rudi Claase se pen, is ’n liedjie wat Melanie se eie liefdesteleurstelling met mense in ’n neutedop deel. “Verdwaal gaan oor die liefde wat jy nogsteeds wil maak werk, ten spyte van al die seer wat die persoon jou deur sit. Eintlik verloor jy jouself in dáái liefde, maar hoop steeds dat die persoon terug sal kom. Dis ’n pragtige kontemporêre lied,” het Melanie gesê.


Die liedjie lê die sangeres na aan die hart en sy verduidelik dat ’n mens soms iemand só lief kan hê dat jy jouself in die proses verloor. “Die lied maak ou wonde oop, maar in ’n positiewe manier, om weer te kan genees.”


Vir meeste mense vir wie die liefde nie uitgewerk het nie, sal dié liedjie nommerpas wees. “Ek wil ’n effek van genesing met my luisteraars deel,” sê Melanie verder.


Die musiekvideo beeld nes die snit ’n kragtige boodskap – dit vertel die storie van liefde en om dit verloor, maar ook hoe om sterker aan die ander kant uit te kom. “Ek hoop mense sal die emosie saam my ervaar, wanneer hulle die video kyk,” verduidelik Melanie oor die musiekvideo wat verfilm is by die Rockwood Teater in Centurion. Roelof Bouwer van PACISA het natuurlik hand bygesit tydens verfilming.


Melanie is ’n boorling van Ladysmith in KwaZulu-Natal en is reeds van kleins af dol oor musiek. Nóg ’n passie van haar is om toneel te speel.


Na haar deelname aan PACISA is sy tans vyf maande doenig in die musiekbedryf. PACISA is die breinkind van Roelof Bouwer en Adri Mocke. PACISA se pryse is so saamgestel dat dit die wenners help om te groei. Dié kompetisie kies jaarliks ’n deelnemer wat hulle finansieël help om by die nasionale rondes deel te neem.


Wyle Freddie Mercury inspireer vir Melanie en sy sal graag saam met Rudi Claase of Roan Ash wil werk, sou sy die geleentheid kry. Vra jy haar uit oor haar styl van musiek, antwoord sy: “Ek het ’n sterk mezzo-soprano stem en my eie styl wat uit verskeie genres bestaan.”


Kyk na die YouTube video HIER


Inligting verskaf deur: The Marketing Zoo


BEMARKING:

Talana Kuhn

E-pos: talana@marketingzoo.co.za

Kontak: 072 494 4874 | 012 004 0642

109 views

©2020 by South African Artists.